Die laaste episode van Die Oord is amper hier … is ons gereed vir die waarheid?

Highlights 23 June 2026

Moenie die laaste episode van Die Oord misloop nie.

Die laaste episode van Die Oord is amper hier … is ons gereed vir die waarheid?

Wat begin het as ’n perfekte wegbreek vakansie by die idiliese Kalfiebaai, het verander in ‘n dodelike vakansiebestemming.

Met die hoogsverwagte finaal wat op Dinsdag, 23 Junie om 20:00 op kykNET uitgesaai word, bly kykers die laaste leidrade aanmekaar sit. Ná ses moorde bly een ding seker: niemand in Kalfiebaai is wie hulle voorgee om te wees nie.

Terwyl alle oë tans op Marioli gerig is ná episode nege, is die grootste vraag dalk of die reeks ons suksesvol oortuig het om in die verkeerde rigting te kyk.

Skuldig, onskuldig … of framed?
Marioli se optrede het ernstige vrae laat ontstaan oor of sy die na-aap van die Prediker is. Die skok van als is dat sy haar intieme verhouding met Stefan voortgesit het, selfs nadat sy uitgevind het dat hulle sibbe is.

Die leidrade wat ons dalk gemis het
Noudat ons weet dat Stefan selfmoord gepleeg het, is dit duidelik dat baie van ons aandag gefokus was op die web van leuens en geheime rondom die saak. Sodoende het ons moontlik subtiele leidrade misgekyk wat stilweg op die agtergrond ontvou het – die senuweeagtige kyke, die onderbroke gesprekke en die sigbare angs wat na vore gekom het wanneer Stefan se moord ter sprake gekom het.

Een gemeenskap. Te veel geheime
Vanaf die oomblik toe die eerste liggaam ontdek is, het Die oord vir altyd verander. Elke moord het skokgolwe deur Kalfiebaai gestuur maar hoe dieper die ondersoeke gegaan het, hoe meer ontstellend het die waarheid geword. Elke onthulling het nog ’n leuen oopgevlek. Elke verdagte het iets weggesteek. Wat aanvanklik soos afsonderlike misdade gelyk het, het ontwikkel in ’n web van familieverraad, verborge identiteite en waarhede wat nie begrawe wil bly nie.

Die aftelling begin
Soos die finale episode naderkom, sit ons met meer vrae as antwoorde. Wie het die gebeure agter die skerms gemanipuleer? Wie sal nog staan wanneer die stof gaan lê? Een ding is seker: die pragtige paradys bekend as Die oord het ’n begraafplaas van geheime geword, met gesinne wat uitmekaar geskeur is, vertroue wat vernietig is en lewens wat verlore gegaan het.

Die laaste vraag is… is ons gereed vir die waarheid?

Kyk die finale episode van Die oord op Dinsdag 23 Junie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Alle episodes is beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.

Back to News

Download and watch later

Get the DStv app (Apple or Android) and download episodes to watch on your phone or tablet – just remember to connect to the Wi-Fi first so there are no surprise data costs.

Devices